Phoenix Merinos Telers

Al lede is in die top-groep wolboere in Suid-Afrika, wat mediumwol produseer met ’n gemiddelde veseldikte van 20 mikron en laer per skeersel en 70% skoon opbrengs. Die groep se gemiddelde is 5,5 kg tot 6 kg wol per ooi per jaar.

(Ongelukkig het Dykie de Villiers uit die Phoenix Merinos-groep bedank, met onmiddellike ingang vanaf 23 Augustus 2017).

"Ons visie is om te groei tot ‘n gevestigde Merino handelsmerk, wat boere 150 kwaliteit ramme en ooie twee keer per jaar, op ons veilings sal aanbied."

Mnr. Johann Minnaar boer op Groenvlei by Graaff-Reinet met 2 000 Merino-ooie waarvan die helfte vir teel gebruik word. Hy vertel van Phoenix Merinos se ontstaan:

“Aangesien ons saam ramme van Wellwood gekoop het, was die volgende logiese stap om die moontlikheid te ondersoek om ons ramme gesamentlik te verkoop. Dit het eintlik vanself gebeur omdat ons dieselfde eienskappe in ons skape nastreef: Vrugbaarheid, goeie bouvorm en ’n besliste klem op die gehalte en hoeveelheid wol.”

“Tesame met ‘n ram se bouvorm en kwaliteit wol, is sy karakter ook belangrik – sy geaardheid, houding en die manier waarop hy loop, maak ‘n verskil.” - Robert Rubidge