Phoenix Merinos

Drie Wellwood dogter stoetery tesame met Wellwood het hul kragte saamgespan om ‘n sterk nuwe ram-verkope groep te stig, naamlik Phoenix Merinos.

Onoortrekflik vir Balans en Kwaliteit.

Die drie dogter stoeterye is almal leier Karoo Merino boere in die Karoo, vanaf Graaff-Reinet en Murraysburg. Hulle koop al dekades lank Wellwood Merino ramme en het in 2012 as 'n groep begin saamkoop.

Wellwood is die tuiste van een van die oudste en mees gerespekteerde Merinostoeterye in Suid-Afrika. Wellwood is 'n lid van Phoenix Merinos, maar sal ook met sy eie verkope voortgaan.

“Ons doel, as ‘n Wellwood dogter stoetery, is om te voldoen aan die Wellwood tradisie van absolute kwaliteit wol, dus is ons slagspreuk 'Balans & Kwaliteit'.

Ons vertrou dat boere wat Merino ramme benodig, uitsonderlike goeie ramme, teen mededingende pryse, op ons veiling, sal kan aankoop. Bo en behalwe dit, word u uitgenooi om die dag met Phoenix Merinos se gasvryheid te kom geniet.”

Phoenix Merinos Erfenis

Sir Richard

Sir Richard

Een van die eerste Wellwood-ramme wat die Phoenix-Merinos-groep gesamentlik gekoop het, was Sir Richard. Die groep het hom in 2012 vir R190 000 op die nasionale veiling gekoop. Dit is die hoogste prys wat mnr. Robert Rubidge tot dusver vir ’n ram behaal het.

Sir Richard is ’n uitsonderlike dier met pragtige wol en uitstekende bouvorm.

52

52

52 is ‘n groot, lang geboude ram met uitstekende gehalte wol, die ram was aan Wikus Cloete verkoop in 2010 @ R52 000 en Phoenix Merinos het van sy saad gebruik.

64

64

64 het uitstekende kwaliteit wol met goeie definisie en die korrekte bouvorm en goeie houding. 

Hy was aan Wikus Cloete verkoop in 2008 teen R64 000 en Phoenix Merinos het van sy saad gebruik.

65

65

Ram 65 is ‘n frisgeboude robuuste ram met houding. Hy het helder, goed gedefineerde wol, met sagte hantering.

Ram 64 was tydens die 2015 Nasionale Veiling van Wellwood gekoop teen R65 000.

Biggs

Biggs

‘Biggs’ is ‘n soliede ram met uitstekende bene en ‘n goeie massa wol. 

Die ram is deur William Biggs, ‘n lid van Phoenix Merinos van Wellwood gekoop in 2009 teen R39 000.

Breebors

Breebors

Breebors is ‘n groot robuste ram met ‘n baie goeie voorkwart.  

Breebors behoort aan Wellwood, maar sy saad was deur Phoenix Merinos se lede gebruik.

Dries

Dries

Dries is ‘n netjiese ram met baie goeie bene en die regte bouvorm en het ook helder, goed gedefineerde wol.  

Dries was aanvanklik deur Andries Pienaar gekoop van Wellwood in 2010 teen R26 000. Phoenix Merinos het sederdien die ram, Dries van Pienaar gekoop.

Goliath

Goliath

Goliat is ‘n baie groot, vierkantige ram met duidelike medium wol. 

Phoenix Merinos het Goliat teen R80 000 in 2013 aangekoop.

Middelpen

Middelpen

Middelpen is ‘n ram met goeie konformasie, diep bouvorm en uitstekende toplyn met medium wol.

Hy was tydens die 2015 Nasionale Veiling van Wellwood gekoop teen R46 000.

Volgende Phoenix Merino Veiling - 04 September 2019

Ons veiling begin oor

Meer inligting »

Registreer aanlyn vir ons e-pos nuusbriewe.

Registrasievorm

“Ek het na die ramme gekyk en is beïndruk met hulle. Hul agterbene is baie goed, hulle het sterk koppe en hulle is groot, robuuste skape.” - Kleintjie Pienaar, BKB se veldbeampte in die distrik Graaff-Reinet.

THE PHOENIX MERINOS TELERS

Johann Minnaar

Johann werk met 2 000 Merino-ooie, waarvan 50% stoetdiere is.

William Biggs

William boer met 500 Merino-stoetooie en 1 500 kommersiële ooie op 10 000 ha.