Phoenix Merino Veilings

Phoenix Merino’s sal twee veilings per jaar aanbied in Februarie/Maart en Augustus/September. Hulle gaan ook mettertyd ‘n aantal uitsoek ooie te koop aanbied, op hierdie veilings.

Phoenix Merinos gaan soos volg te werk: Elke lid stuur 30 tot 40 ramlammers na Johann se plaas sodra hulle op sowat vyf maande gespeen is. Hulle bly saam in ’n groep en prestasietoetsing vind plaas. Daar is twee innames per jaar – in die lente en in die herfs. Die ramme word net minder as ’n jaar later, op 18 maande, te koop aangebied

Phoenix Merinos se ramveilings sal op Botanies Sport Klub, Graaff-Reinet gehou word.

“Ons doel, as ’n Wellwood-dogterstoetery, is om in ooreenstemming met die Wellwood-tradisie van absolute gehalte te boer. Dus gebruik ons die motto: ‘Daar is geen plaasvervanger vir gehalte nie.’ se Johann.

Volgende Veilings:

Veiling Datum: 04 September 2019

Plek: Botanies Sport Klub,
Graaff-Reinet

Meer inligting »

Vorige Veilings:

Veiling Datum: 19 Februarie 2019 Veiling Datum: 09 September 2018 Veiling Datum: 20 Februarie 2018 Veiling Datum: 06 September 2017 Veiling Datum: 14 Februarie 2017 Veiling Datum: 07 September 2016 Veiling Datum: 19 Februarie 2016 Veiling Datum: 02 September 2015

Phoenix Merino Sire Sir Richard tydens die nasionale veiling op Grootfontein, Middelburg, Oos-Kaap in 2012

Phoenix Merinos Auction ’n Groep Wellwood ramme van 20 maande.