Markte en Merinos

“Daar is deesdae ’n groot vraag na Merino’s,” sê mnr. Robert Rubidge van die plaas Wellwood by Graaff-Reinet. Op sy plaas van 10 000 ha is daar 700 stoetooie, 700 kommersiële ooie en 800 tot 1 000 hamels.

“Al die lede het baie tyd, moeite en energie in hul Merino’s belê en is passievol oor hul skape. Hulle is ’n groep eendersdenkende mense met ’n progressiewe benadering tot hulle boerdery, die lewe en finansies .”

Mnr. William Biggs van Vleiplaats by Murraysburg verduidelik die rede vir Phoenix Merinos se klem op wol. Volgens William, wat met 500 Merino-stoetooie en 1 500 kommersiële ooie op 10 000 ha boer, “beteken meer wol ’n groter wins. Wol is ’n uitvoerproduk en trek dus voordeel uit die verswakkende rand. Dit sal in die toekoms toenemend betekenisvol raak.”

Die groeiende vraag na gehaltewol blyk duidelik uit die feit dat die wolmark in Port Elizabeth dié seisoen op sy hoogste vlak nog gesluit het.

Phoenix Merino wool Die vag van ’n top-Wellwood-stoetram op ses maande. Die uitstekende lengte, gehalte en definisie is waarna Phoenix Merinos mik.

Phoenix Merinos Wool Al vyf lede is in die top-groep wolboere in Suid-Afrika, wat mediumwol produseer met ’n gemiddelde veseldikte van 20 mikron en laer per skeersel en 70% skoon opbrengs. Die groep se gemiddelde is 5,5 kg tot 6 kg wol per ooi per jaar.