Phoenix Merinos Ramme

Phoenix Merino's gebruik tans van die beste Wellwood ramme wat insluit, Sir Richard, Goliat, Biggs, Breebors, 62, Gadaffi en Dries. Die lede doen Kunsmatige Inseminasie of Lapraskopie op hul stoetooie.

“Ons is besonders gelukkig om Robert Rubidge se volle ondersteuning te geniet. Hy sal ook ramme op die veilings aanbied en terselfdertyd voortgaan met sy eie verkope by die nasionale veiling en ook op sy plaas” , se Johann.

Een van die eerste Wellwood-ramme wat die Phoenix-Merinos-groep gesamentlik gekoop het, was Sir Richard. Die groep het hom in 2012 vir R190 000 op die nasionale veiling gekoop. Dit is die hoogste prys wat mnr. Robert Rubidge tot dusver vir ’n ram behaal het.

Sir Richard is ’n uitsonderlike dier met pragtige wol en uitstekende bouvorm.

Phoenix Merinos Teelramme

Phoenix Merinos Head Robert Rubidge van Wellwood wys die sterk manlike kop van ‘n uitstaande stoetram.

Phoenix Merino rams 'n Groep ramme van 13 maande.

Phoenix Merino rams Phoenix Merinos se eerste groep ramme op 13 maande, sluit ‘n poenskop ram in.

Phoenix Merino rams n Groep ramme van 15 maande, die eerste van Phoenix Merinos wat in September onder die hamer gaan kom.