William Biggs

William Biggs

Vleiplaats
Murraysburg

William boer met 500 Merino-stoetooie en 1 500 kommersiƫle ooie op 10 000 ha.

“Ek is lief vir Merino’s en het nog altyd met hulle geboer, net soos my pa, Deneys Biggs, en my oupa, Frank Biggs. Hulle is sulke aangename diere om mee te werk — gehard en vrugbaar — en beter wol kan jy nie kry nie,” sê mnr. William Biggs, wie se pa in 1952 Wellwood-ramme begin koop het.

William het die tradisie voortgesit. “My ooie lam in Maart, wat die beste reëntyd in ons distrik is, en daar is dan goeie voeding vir lakterende ooie,” sê Biggs.

Hy laat sy wisselooie op 18 maande paar. Sy ooie lam in die veld om hulle gehard te hou. Sodra die lammers gemerk is, word hulle saam met die ooie na weilande verskuif. Hulle bly daar vir twee maande, waarna die ooie weggehaal word en die lammers agterbly.

“Ons teel vir vrugbaarheid, gehardheid, goeie moederinstink en wol en vleis van ’n hoë gehalte.” Behalwe die Merino’s het Biggs 1 300 Angora-ooie en 50 Tuli-tipe teelkoeie. In goeie seisoene boer hy ook met hamels, kapaters en osse.